Kruger Ci Wêreld Fonds Van Fondse
Fondsdoelwit
Die doelwit van die fonds is om beleggers van langtermynkapitaalgroei te voorsien. Die fonds kan ʼn mate van inkomste genereer, maar inkomstegenerasie sal nie die hoofdoelwit van die fonds wees nie. Die fonds is gemik op die hoë risiko-belegger aangesien dit ʼn maksimum van tot 100% aandeelblootstelling te alle tye kan hê.
Onderliggende Blootstellings |
---|
Kruger International Equity Fund |
Kruger International Flexible Fund |
Buitelandse Kontant |
SA Kontant |
Bate Allokasie
Fondsinligting
ASISA Kategorie | Globaal – Multi-Bates – Aanpasbare |
Risiko Klassifikasie | Hoog |
Maatstaf | 50% MSCI World Index/50% JP Morgan Global Government Bond Index |
Aanvangsdatum | 12/02/2007 |
Openingsprys | 1000.00 sent per onderaandeel |
Aanvangsheffing | Klas A: 0% |
Jaarlikse Diensfooi (insl. BTW) | Klas A: 0.228% |
Waardasietyd van Fonds | 24:00 |
Handelsluitingstyd | 14:00 |
Minimum belegging | Enkelbedrag: R 5 000 / Maandeliks: R 500 |
Fondsgrootte | R 292 miljoen |
Trustee | Standard Chartered Bank |
Addisionele Fondsinligting
FAIS Konflik van Belange Openbaarmaking
- Die jaarlikse fooie vir die A-klas sluit ʼn fooi van 0.228% in, betaalbaar aan Ci Collective Investments. Alle fooie gemeld sluit BTW in.
Let asseblief daarop dat wanneer die FDV ‘n party verbonde aan die fondsbestuurder is, die FDV/verspreider in meeste gevalle bykomende fooie tot dit wat reeds deur die fondsbestuurder gevra word kan verdien. Dit is die verantwoordelikheid van die FDV om sodanige bykomende fooie aan die belegger bekend te maak.
Eienskappe
- Hierdie buigsame bate allokasie fonds belê in ‘n kombinasie van aandele, effekte, genoteerde eiendom en geldmarkprodukte. Tot en met 100% van die bates mag in aandele belê word. Tot en met 100% van die bates mag in die buiteland belê word.
Risiko/Opbrengs-profiel
- Dit is moontlik dat opbrengs laer mag wees wanneer die risiko, gemeet as wisselvalligheid, laer is, en opbrengs hoër mag wees wanneer die risiko, gemeet as wisselvalligheid, hoër is. Daar is egter geen waarborg dat opbrengste hoër sal wees wanneer daar in ʼn fonds met ʼn hoër risikoprofiel belê word nie. Die risikoprofiel vir hierdie fonds word as hoog geklassifiseer aangesien dit tot 100% in aandele mag belê, beide plaaslik en in die buiteland.