Tien praktiese stappe om jou skuld af te betaal en oorwin (episode 2).
Solank as wat jy skuld het, is dit feitlik onmoontlik om welvaart te begin opbou. Skuld bring ook dikwels emosionele spanning mee.
As jy werklik welvaart wil skep en ’n finansieel sorgvrye lewe wil lei, moet jy eers jou skuld afbetaal. Om skuld af te betaal, bly een van die beste beleggings wat jy kan maak!
Luister saam vir 10 praktiese stappe om jou te help om skuldvry te leef!