Episode 4: Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar?
Om te spaar vir aftrede wanneer jy nie meer kan werk nie is noodsaaklik en dit bly die meeste mense se heel belangrikste beleggingsdoelwit.
Jou lewensverwagting word al hoe langer en dit beteken jy moet genoeg geld spaar om jou vir die res van jou lewe te dra. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter. Jy moet deurlopend spaar en heelwat meer wegsit as wat jy mag dink.