Ons proses en vennootskap met jou.
Die Kruger Internasionaal GPS onderneem ’n omvattende ontleding van jou huidige finansiële omstandighede. Op grond daarvan stel ons dan ’n breedvoerige finansiële roetekaart op, pasgemaak vir jou persoonlike behoeftes en doelwitte. Ons is jou reisgenoot op pad na finansiële sukses.
Buigsaam
Ons bied jou toegang tot ’n wye verskeidenheid beleggingsoplossings om in jou persoonlike behoeftes te voorsien.
Likied
Ons hou dit maklik, eenvoudig en vinnig om jou geld te belê en te onttrek.
Belastingdoeltreffend
Ons stel beleggers in staat om hulle belastingsake doeltreffend te bestuur.
Diversifikasie
Verspreiding verlaag risiko. Bo en behalwe die tradisionele bateklasse, bied ons jou blootstelling aan hernubare energie en infrastruktuur sowel as gereguleerde privaat ekwiteit.

Kostedoeltreffend
Ons hou algehele koste so laag moontlik.
Vernuwend
Ons bly aan die voorpunt van tegnologiese innovasie om belegging makliker te maak.
Deursigtig
Met ons omvattende verslagdoening aan beleggers bly jy op hoogte van hoe jou bates vaar en wat jy betaal.
Goedgekeur
Ons fondse is deur die reguleerder goedgekeur, word behoorlik en eties bestuur én duidelik aan beleggers uiteengesit.
Ons werk saam met individue en families, finansiële adviseurs en makelaars, trustees van trusts, pensioen- en voorsorgfondse, sowel as top bestuur van instellings. Ons bestuursfooie is deursigtig en op beleggers gerig.
Ons staan individuele sowel as groepe onafhanklike finansiële adviseurs by om hulle kliënte se persoonlike portefeuljes te bestuur. Die Kruger Beleggingskomitee beskik oor jare se ondervinding, beleggingskundigheid, navorsing en ontledings, en volg ’n weldeurdagte beleggingsbesluitnemingsproses.
Oor die jare het ons lojale groep individuele en familiebeleggers hoofsaaklik deur persoonlike verwysings aangegroei – die beste getuigskrif wat daar is. Ons help privaat individue en families, trusts, maatskappye en ander instellings hulle volle beleggingsportefeuljes bestuur. Ons optimaliseer batetoedeling om op kort termyn in jou unieke kontantvloeibehoeftes te voorsien, terwyl ons jou welvaart op lang termyn uitbou.
Ons adviseer trustees van trusts, pensioen- en voorsorgfondse, en top bestuur van instellings oor die beleggingsbestuur van die fondse wat aan hulle sorg toevertrou is. Die Kruger Beleggingskomitee benut sy gesamentlike ondervinding, beleggingskundigheid, navorsing en ontledings, en volg ’n weldeurdagte beleggingsbesluitnemingsproses.
INNOVERENDE TEGNOLOGIE
Kruger Internasionaal het as deel van die Graphite-projek met die gerekende tegnologiefirmas Grid en Silica, vandag bekend as FNZ, kragte saamgesnoer om die eerste beleggers in Suid-Afrika te word wat effektetrusts waarlik intyds verhandel. Dít skep ’n nuwe standaard vir beleggerstoegang tot kollektiewe beleggings en effektetrusts.
TOONAANGEWENDE INTERNASIONALE NAVORSING
Ons fondsbestuurspan monitor en implementeer toonaangewende internasionale navorsing en tendense om die Krugerfondse optimaal te bestuur. Ons gebruik die jongste portefeuljekonstruksiemetodes en kwantitatiewe prosesse om die risiko aangepaste opbrengste op ons fondse voortdurend te verbeter.
INDEKSERINGSTRATEGIEË
Ons stel ons portefeuljes met behulp van verskillende indekseringstrategieë saam om toegang tot bateklasse soos aandele, hernubare energie en infrastruktuur, privaat ekwiteit, genoteerde eiendom, vaste-rentedraende en kontantinstrumente te bekom. Gevolglik bied die Krugerfondse meer sekerheid van bogemiddelde opbrengste, groter verspreiding én meer kostedoeltreffende beleggings.
Redes om by ons te belê.
Ons span die jongste internasionale navorsing en ons toonaangewende kundigheid in portefeuljekonstruksie in om die Krugerfondse te bestuur. Die Kruger Beleggingskomitee volg ’n noukeurige beleggingsproses om bogemiddelde prestasie na te jaag. Benewens tegnologiese innovasie en voldoening aan alle tersaaklike wette, bied ons u ’n goeie opbrengs op beleggings, gemoedsrus, en die mees kostedoeltreffende beleggingskostes.
Optimale opbrengste
Laer algehele beleggingskoste
Tegnologiese innovasie
Die jongste fondsbestuursmetodes