GeldGeheime Podsending

Episode 6: Vyf ROOI LIGTE wat jou kan help om ʼn beleggingsbedrogspul uit te ken

Hoe ken jy ʼn beleggingsfoefie uit?
Jy moet waaksaam, ingelig en realisties wees wanneer jy ʼn belegging maak om jou geld te beskerm.
Wees op die uitkyk vir die vyf grootste gevaartekens om ʼn beleggingsbedrogspul te identifiseer.

Ons kyk na die waarskuwingstekens en Mia gee jou praktiese gereedskap om jouself te beskerm.

• Die 1ste rooi lig is dat dit te goed klink om waar te wees
• Die 2de rooi lig is dat die adviseur of bemarker van die belegging nie gereguleer word nie
• Die 3de rooi lig is dat die belegging self nie gereguleer word nie
• Die 4de rooi lig is dat daar druk op jou geplaas word om dringend op te tree
• Die 5de rooi lig is ongewone betaalmetodes

YouTube skakel

Spotify skakel

This post is also available in: EN AF