GeldGeheime Podsending

Episode 7: 4 Praktiese wenke om jou geld teen INFLASIE te beskerm

Het jy al opgelet hoe jou mandjie kruideniersware elke maand ’n bietjie duurder raak vir dieselfde hoeveelheid inkopies?
Inflasie is die koers waarmee pryse styg en alles oor tyd duurder raak. Hoe kan jy jou geld teen inflasie beskerm?

Niemand kan die styging in lewenskoste vryspring nie. Volg hierdie 4 praktiese wenke om jou geld teen inflasie te beskerm. As jy jou geld slim bestuur kan jy inflasie klop en jou koopkrag oor tyd behou.

• Stap 1 is om inflasie en hoe dit jou koopkrag verminder te verstaan.
• Stap 2 is om jou persoonlike inflasiekoers te bereken deur jou begroting by te hou.
• Stap 3 is om te verseker jou beleggings groei vinniger as jou lewenskoste.
• Stap 4 is om seker te maak jou inkomste hou tred met jou stygende lewenskoste.

YouTube skakel

Spotify skakel

This post is also available in: EN AF