Episode 8: Hoe 6 slim sêgoed van Warren Buffett jou ryker kan maak.
Warren Buffett is die bekendste en seker een van díe mees suksesvolste beleggers van ons tyd.
Sy sêgoed is propvol insig, humor en praktiese raad. Dit bevat nie hoogdrawende teorie of ingewikkelde formules nie, maar eerder eenvoudige voorbeelde en raad wat jy in jou eie finansiële lewe kan toepas.
Wat kan ons by hom leer? Kom luister hoe die tydlose beginsels uit ses van sy bekende sêgoed jou kan help om ryker te word.
· Wie is Warren Buffett?
· Wees bang wanneer ander gierig is, en wees gierig wanneer ander bang is.
· Dit is nie nodig om buitengewone dinge te doen om buitengewone resultate te kry nie.
· Wall Straat maak sy geld uit aktiwiteit. Jy maak jou geld deur onaktief te wees.
· Voorspellings sê baie oor die voorspeller, maar niks oor die toekoms nie.
· Die belangrikste belegging wat jy kan maak, is in jouself.
· In die sakewêreld is die truspieëltjie altyd duideliker as die voorruit.